Ouetehuis

Huis Frank du Toit

Huis Frank du Toit is 'n tehuis vir bejaardes wat bestuur word deur 'n beheerraad, saamgestel uit verskillende faksies van die gemeenskap. Ons is 'n geregistreerde NPO wat ook verslag doen aan onder andere die Dept Maatskaplike Ontwikkeling. Ons bied die volgende aan ons inwoners: hoë gehalte en liefdevolle versorging, 'n veilige en rustige omgewing om in te woon, erkenning aan elkeen se individualteit en regte en respek (soos vervat in ons visie).