Verblyf, Jag
Prieskapoort Jagherberg
Prieskapoort Jagherberg, geleë aan die voet van die Doringberge, 10km buite die Dorp Prieska, is ‘n familie wildsplaas wat al vir 30 jaar ondervinding het in die jagbedryf. Die plaas bied verskeie wildspesies asook ‘n voltydse beroepsjagter aan. Moderne slaggeriewe en uiters bekwame slagters asook vleisbewerking is beskikbaar.
Baie netjiese oornagverblyf is regdeur die jaar beskikbaar vir gaste wat rustigheid en ‘n plaas atmosfeer soek. Warm, gul plattelandse gasvryheid word aangebied. Vir “Peace of Mind” besoek Prieskapoort Jagherberg.